Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Deur Jean KeysVoorbeeld

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

DAG 3 VAN 5

Ontdek jou lewensdoel  


Dink na oor die volgende drie elemente in die proses om jou roeping uit te leef:


• Jou passie – wat geniet jy om te doen? 


• ’n Droom – jou grootste ambisie 


• Jou lewensdoel – hoe jy jou droom gaan vervul 


Passie en lewensdoel pas soos ’n hand in ’n handskoen. As jy wil weet wat jou doel is, moet jy jou passie ontdek. As jy weet wat jou doel is, sal dit jou help om jou passie te verstaan.


Jou lewensdoel is dit waarvoor jy gebore is, die rede waarom jy op aarde geplaas is. As jy jou doel ken, sal dit jou help om jou gawes en talente te gebruik en te verstaan. ’n Doel stimuleer jou sodat jy die dinge doen wat jy veronderstel is om te doen en nie besig bly met onnodige dinge wat jou energie tap nie.


Mense met ’n doel is in voeling met hul natuurlike voorliefde en hulle het dus ’n innerlike dryfkrag om suksesvol te wees en hul lewensdoel te bereik. Hulle sien hul drome verwesenlik en begryp dat sukses ’n reis en nie ’n bestemming is nie. Dit stel hulle in staat om ware sukses te meet.


1. Watter dinge kan jy goed doen? Hier konsentreer ons op jou vaardighede, vermoëns en talente eerder as op persoonlikheidseienskappe.


2. Vra ook iemand wat jou goed ken wat hy/sy as jou sterkpunte sien. Watter gawes en talente sien hy/sy raak wanneer hy/sy na jou kyk?


3. Gebruik die formaat hier onder om jou doel neer te skryf.


• Gebruik ’n werkwoord om jou doel te beskryf, bv. dien, onderrig, skryf, beraad of skep.


• Kies dan ’n selfstandige naamwoord om te beskryf wie of wat, bv. kinders, bejaardes, armes, tieners.


• Sluit in vaardighede of talente wat jy sal gebruik sowel as jou passie, bv. sang, vermoë om iets te verduidelik, lees of om ’n knap atleet te wees.


• Sluit in die resultate wat jy wil bereik – wat jy as ’n resultaat van bogenoemde wil bereik.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontde...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/leef-jou-roeping-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid