Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Deur Jean KeysVoorbeeld

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

DAG 1 VAN 5

Ontdek wie jy is  


Die belangrikste ding wat in jou denke moet gebeur, is ’n paradigmaskuif. ’n Paradigma is ons kaart wat bestaan uit ons oortuigings, waarnemings, gevoelens, gesindhede en stereotipes. Wanneer ons ’n paradigmaskuif maak, verander hierdie ingewortelde kaart en ontvang ons nuwe ideale, gesindhede, hoop en drome.


Die manier waarop jy oor dinge dink – jou paradigma – bepaal die volgende:


• Jou optrede


• Jou besluite


• Jou mate van geloof


As jy dink jy is ’n mislukking, sal jy besluit om nie enigiets wat die moeite werd is te probeer bereik nie, omdat jy in jou gedagtes reeds misluk het. As jy dink jy het nie genoeg geloof in jouself om iets te bereik nie, sal jy dit eenvoudig nie doen nie.


Die kern van ’n paradigmaskuif gaan oor vernuwing van die denke; nuwe ideale en gesindhede. Sien af van wat agter is – die ou paradigma. Sien af van die verlede – daardie pyn en vrese en assosiasies. Begin om jouself anders te sien en begin om jou sterk punte te verwoord. Dit sal jou in staat stel om God se wil vir jou lewe te leer ken.


Dink aan die mense wat tans in jou lewe is en jou inspireer. Hulle kan almal Goddelike verbindings in jou lewe wees. Bring tyd in hul geselskap deur, leer by hulle, koester en herken die rolle wat hulle op jou reis na jou roeping speel. Vra hulle om jou vir jou te sê wat hulle as jou sterk punte beskou en skryf dit neer. Begin om jou sterk punte te vier.


Vra vir jouself:


1. Wat sien jy as jou sterk punte? Vra ’n vertroude vriend of leier om jou te sê wat hulle as jou sterkpunte beskou. Was enigiets wat genoem is ’n verrassing vir jou? Watter, en hoekom?


2. Noem die persoon wat jy die meeste bewonder. Wat bewonder jy omtrent daardie persoon? Dink nou daaroor na, en indien nodig, vra jou vriend weer wat hy of sy dink. Watter van daardie eienskappe het jy in werklikheid ook?


3. Wat is jou waardes?


4. Hoe kommunikeer ek/hoe maak ek kontak met mense?


5. Vier jou sterkpunte. Noem elkeen van jou sterk punte, en dank God dat jy so wonderlik en uniek gemaak is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontde...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/leef-jou-roeping-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid