Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Deur Jean KeysVoorbeeld

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

DAG 2 VAN 5

Ontdek jou passie  


Die ontdekking van jou passie is ’n noodsaaklike bestanddeel in die proses om jou roeping uit te leef. Passie is ’n baie sterk voorliefde of begeerte. As ons passievol is oor iets, sal dit die innerlike motivering wees wat jou deursien, ongeag die situasie of omstandighede. Selfs al is jy nie bewus van wat jou passie is nie, is dit ’n pêrel wat verborge bly totdat jy dit ontdek.


Jou passie is iets wat jy baie graag doen en wat jou energiek laat voel – as dit nie jou passie is nie, sal dit jou uitgeput laat voel. In Spreuke lees ons dat ons aan ons kinders leiding moet gee volgens hul individuele gawes.


Wat omtrent jou? Hoe kan jy jou passie ontdek? As jy iets doen waaroor jy sterk voel, sal jy so ’n vervulling ervaar dat lofbetuigings onnodig word. Die resultate wat jy behaal, sal jou beloning word, jou met ’n gevoel van verwondering en tevredenheid vul.


Staan tyd af om die volgende vrae te beantwoord. Dit sal jou lei om te sien wat jou passie is:


1. Wat is jou belangstellings? Vind eendersdenkende mense met dieselfde belangstellings en laat hulle jou inspireer.


2. Wat geniet jy om te doen – wat maak jou opgewonde?


3. Wat gee jou soveel bevrediging dat jy dit sou doen selfs al word jy nie daarvoor betaal nie?


4. Watter ervarings in jou lewe was hoogtepunte, en hoekom staan dit vir jou uit?


5. Wat, en hoe, geniet jy om te gee?


6. Watter dinge of situasies is vir jou moeilik?


7. Waarvan hou jy nie, en wat wil jy beslis nie doen nie?


8. Met watter groepe mense verkies jy om mee te werk en geniet jy om by te wees?


9. Wanneer jy na jou antwoorde kyk, sal jy jou passie te voorskyn sien kom. Som nou jou passie in twee of drie sinne op.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontde...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/leef-jou-roeping-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid