Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou预览

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

43天中的第39天

Gekies Om Blywende Vrugte Te Dra

Lees: Johannes 15:16

Soap: Johannes 15:16

Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle gekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

Oordenking

JY is gekies, liewe vriend(in)! Wat ‘n wonderlike waarheid om aan vas te hou! Ons het nie toevallig in ‘n verhouding met Jesus beland nie. Hy het ons gesien, liefgehad en doelbewus vir ‘n spesiale doel aangestel. Moenie 'n fout maak nie. Dit was nie ‘n lukrake keuse nie, dit was ‘n doelbewuste besluit van die Skepper van die heelal. Hy het ons nie net gekies om sy kinders te word nie, maar ook om ‘n lewe van vrugbaarheid te leef, ‘n lewe wat ‘n blywende nalatenskap van liefde en diens laat, tot in ewigheid.

Die vrug wat Jesus begeer, gaan nie net oor uiterlike dade nie, maar oor ‘n hart wat diep in Hom gewortel is. Elke keer wanneer ons liefhet, vergewe en ander dien soos Jesus, laat ons ‘n afdruk van liefde wat vir altyd sal bly.

Deurdat Jesus ons gekies het, gee Hy ook vir ons 'n opdrag. Hy roep ons om vrug te dra, om lewens te leef wat sy genade weerspieël en God eer. Dit is nie iets wat ons op ons eie kan doen nie, maar Jesus beloof dat Hy vir ons alles sal gee wat ons nodig het.

Wat kan ons in die Naam van Jesus vra? ‘n Godvresende karakter en blywende vrug! Om ‘n vrugbare Christen te wees, is dit absoluut noodsaaklik dat ons met geloof na God gaan in gebed en vertrou dat Hy in ons sal werk. Ons bly in Jesus deur afhanklik van Hom te wees vir vrug, en die manier waarop ons hierdie afhanklikheid wys, is deur gebed ─ deur te vra en Hom te vertrou om te antwoord.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie dat U my gekies het en my geroep het om vrug te dra wat blywend is. Help my om elke dag in U te bly en ‘n blywende impak vir u koninkryk te maak. Amen.

读经计划介绍

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More