Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou预览

Week 6 / Deur Jesus Gekies En Gestuur Om Vrug Te Dra
Jesus Noem Ons Sy Vriende
Lees: Johannes 15:15
Soap: Johannes 15:15
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Oordenking
Jesus is die beste vriend wat jy nog altyd gewens het jy het. Hy is lojaal, liefdevol en altyd daar wanneer jy Hom nodig het. Hy wil alles met ons deel wat Hy van die Vader gehoor het, en Hy doen dit deur die Heilige Gees. "Wanneer Hy kom, die Gees van waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei..." (Johannes 16:13 AFR83). Wanneer jy die Woord lees, dit oordink en daaroor bid, vra die Heilige Gees om jou te lei sodat jy Jesus beter kan leer ken.
Om in Christus te bly, is ‘n uitnodiging om Hom intiem te ken en deel te wees van sy plan vir ons lewens, nie net as volgelinge nie, maar as sy vriende. Dink net, Jesus, die Seun van God, noem ons sy vriende! Hy is nie ver of onbetrokke in ons lewens nie. Inteendeel, Hy trek ons nader, deel sy hart en missie met ons en maak ons deel van die wonderlike werk wat Hy besig is om in die wêreld te doen.
Vriendskap met Jesus verander alles. Dit beteken dat ons die voorreg het om na Hom toe te kom, met Hom te praat en na sy stem te luister. Hy hou ons nie in die duister oor wat Hy doen nie. Hy maak vir ons die hart van God bekend.
Om deur Jesus gekies en gestuur te word, beteken dat ons lewens ‘n doel het wat verder strek as net onsself. Ons is geroep om ‘n verskil te maak en om vrug te dra wat ander seën en God verheerlik. Hierdie vrug is dalk nie onmiddellik sigbaar nie, maar as ons getrou bly, bring God groei op sy tyd.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie dat U my u vriend noem en my gekies het om vrug te dra. Help my om elke dag in U te bly, na u stem te luister en ‘n lewe te leef wat u liefde weerspieël. Amen.
读经计划介绍

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.
More