As ek weer kon sê预览

As ek weer kon sê

5天中的第4天

Dag 4: Woorde en ongemaklike stiltes

Ons almal het al ‘n ongemaklike stilte beleef. Baie keer is dit as gevolg van iemand wat op 'n onverwagse manier gereageer het. Omdat die persoon se reaksie nie dit is wat verwag word nie, word die geselskap dan heeltemal stil. Verbaas. In een van Cameron Diaz se films gebeur so iets. Sy hou ‘n verrassingspartytjie vir haar kêrel. Toe hy by die huis kom, besluit hy om met haar uit te maak – onbewus van almal wat wegkruip. Almal hoor dit, en klim dan stil agter die banke en tafels uit – natuurlik tjoepstil, totdat ... iemand sê “verrassing!”

Dan skrik die man hom boeglam en probeer vir Diaz ‘n drukkie te gee.

Ons probeer ongemaklike stiltes met woorde te vul. Soms, om die situasie te ontlont (soos in die film), maar ander kere om antwoorde te gee.

Wat ook al die rede is, ons wil nie graag hê mense moet ongemaklik voel nie, maar ons wil self ook nie ongemaklik wees nie. Daarom sê ons sommer iets. Omdat hierdie "iets" nie beplan is nie, kan daardie persoon dit verkeerd verstaan.

Ons wil graag ongemaklike stiltes verbreek, maar ons kan nie altyd nie. Woorde kan soms help, maar ook nie altyd nie. Spreuke 17:27-28 help ons hiermee. Hier skryf Salomo dat selfs dwase kan lyk asof hulle wysheid het wanneer hulle wel stil bly.

Daar is net 'n skrale kans dat woorde wat 'n ongemaklike stilte verbreek, die situasie sal verbeter. Die beste ding om dan te doen is om te dink. Spreuke herinner ons dat mense met baie kennis ‘n verskil kan maak deur min woorde te gebruik. Om minder te sê is in hierdie geval beter as om baie woorde te sê.

Gebed:

Here, wanneer daar ongemaklike situasies is en ek onseker is wat om te sê, maak my dan bewus van u teenwoordigheid. Help my om in daardie oomblikke met wysheid na u liefde te soek. Maak my woorde min en my liefde vir ander baie. Amen.

读经计划介绍

As ek weer kon sê

By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.

More