As ek weer kon sê预览

As ek weer kon sê

5天中的第3天

Dag 3: Kyk wie praat:

In Afrikaans sal ons iemand baie keer antwoord: “Kyk wie praat.” Gewoonlik word hierdie antwoord gegee wanneer iemand iets sê waarmee jy weet hulle al self voorheen gesukkel het. Iemand sal sê: “Sjoe, maar daardie persoon praat lelik in die verkeer.” Jy weet egter dat hulle dit ook al gedoen het en omdat jy hulle graag wil herinner aan hul eie swakheid sê jy dan: “Kyk wie praat.” Dit beteken eintlik: “Wees nou eerlik. Jy sukkel ook maar met jou taalgebruik in die verkeer.”

Hierdie woorde het baie meer krag. Ons kan ook “kyk wie praat” lees as ‘n opdrag. Op hierdie manier sê ons dan eerder: “Ek wil weet waarom jy sê wat jy sê.”

“Kyk wie praat” kan ‘n opdrag wees. Die opdrag is dan om dieper te delf in wie die ander persoon is. Mense se woorde verklap wat in hul lewens aan die gang is. Wat mense sê verklap nie net waar hulle op daardie oomblik geestelik en emosioneel is nie, maar moontlik ook oor hul verlede.

Jesus het almal met wie Hy in aanraking gekom het se verlede geken. Die Bybel leer ons dat Hy mense werklik geken het (Johannes 2:24-25). Wanneer iemand iets gesê het, kon Hy “kyk wie praat”. Ons sê vir mekaar “kyk wie praat”, maar Jesus het alles van die persoon geweet wat met Hom praat.

Alhoewel ons nooit soos Jesus sal kan kyk nie, kan ons die vaardigheid aanleer om werklik na mense te kyk. As gelowiges doen ons dit onder leiding van die Heilige Gees.

In Filippense 2:1-4 wil Paulus graag hê dat diegene vir wie hy skryf dít besef: eensgesindheid. Dit kan net ontstaan wanneer mense vir mekaar ruimte maak om te leef en te floreer. Wanneer ons kyk wie praat, wend ons ‘n poging aan om verby die oppervlakkige te kyk. Wanneer ons so kyk, het ons die potensiaal om iemand nog méér lief te kry. Wanneer ons mekaar liewer kry, kan ons mekaar tot die beste van ons vermoë dien. Dan dink ons nie aan ons eie belange nie (vers 4), en dan groei ons so dat ons Christus beter kan leer ken.

Gebed:

Here, leer om soos Jesus regtig te kyk wie praat. Help my om verby mense se woorde te kyk sodat ek hulle beter kan dien. Help dan dat my woorde hul lewens opbou sodat hulle God daarvoor sal dank. Amen.

读经计划介绍

As ek weer kon sê

By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.

More