Aanklag预览

Verskil tussen ‘aanklag’ en ‘oortuiging’.
Aanklag:
- Aanklag is gewoonlik vals, alhoewel dit elemente van die waarheid kan bevat.
- Aanklag sê: jy’s altyd verkeerd en wat jy ook al doen gaan nie die ander persoon se opinie verander nie.
- Vrug van aanklag: laat die persoon skuldig, veroordeeld en verdoem voel.
- Aanklag sal altyd wantroue in ’n situasie inbring en breek verhoudings op.
Oortuiging:
- Oortuiging openbaar die volle waarheid en gevolge van jou aksies, sonder gevoel van skuld of vrees.
- Het ware berou tot gevolg.
- Diep begeerte om te verander met die wete dat dit tot jou eie voordeel sal wees.
Noudat ons weet wat die verskil is tussen aanklag en oortuiging, kan ons in môre se dagstuk kyk hoe ons aanklag en oordeel kan hanteer.
读经计划介绍

Aanklag is om ander en jouself aan te kla en te oordeel, te skinder, te laster, krities te wees, negatiewe opinies oor ander te hê (met of sonder al die feite). In die volgende 3 dae kyk ons na die oorsprong, hoekom mense aankla, wie aankla en hoe om dit te hanteer. Onthou; Jesus het ons almal reeds kom vrymaak!
More