Aanklag预览

Oorsprong van Aanklag
Die woorde waarmee Satan beskryf word, is ’n ware weerspieëling van sy natuur. Wanneer ons onsself skuldig maak aan aanklag, weerspieël ons die basiese eienskappe van die natuur van Satan.
Hoekom kla die mens aan en oordeel hy?
- Dis deel van ons sondige natuur.
- Ek kyk na die wêreld uit my eie raamwerk van verwysing.
- Aksies word geoordeel/veroordeel en nie motiewe nie.
- Ons beoordeel volgens ons onvervulde verwagtings.
- Neem die aandag van myself af.
- Terwyl ek aankla hoef ek nie verantwoordelikheid te neem vir my aandeel in die situasie (of my eie foute) nie.
Wie kla aan?
- Ons kla onsself aan.
- Ons kla die Here aan.
- Ons kla mekaar aan en word aangekla.
- Ons kla Satan aan.
Daar is ‘n verskil tussen aanklag en oortuiging, in môre se dagstukkie kyk ons na die verskille.
读经计划介绍

Aanklag is om ander en jouself aan te kla en te oordeel, te skinder, te laster, krities te wees, negatiewe opinies oor ander te hê (met of sonder al die feite). In die volgende 3 dae kyk ons na die oorsprong, hoekom mense aankla, wie aankla en hoe om dit te hanteer. Onthou; Jesus het ons almal reeds kom vrymaak!
More