Wapenrusting van God预览

Wapenrusting van God

43天中的第31天

Lees: Efesiërs 6:10–18

SOAP: Efesiërs 6:17

"Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God."

Oordenking

Baie dikwels word die gevegte wat ons in die gesig staar, in ons gedagtes verloor of gewen. Dit is omdat ons in ‘n gevalle wêrelde leef en die Satan hou daarvan om ons gedagtes te teiken. Hy begin dikwels sy aanvalle eerste daar waar niemand anders die geveg kan sien nie. As hy kan aanhou om die leuens, beskuldigings en ingeoefende spyt wat in ons gedagtes versteek is na vore te bring, dan sal dit vir ons baie moeilik wees om te luister hoe iemand die waarheid in ons situasie praat. Wanneer dit gebeur is die stryd dikwels verlore nog voordat dit begin het, maar God het vir ons nog ‘n wapenrusting gegee, ons helm van verlossing.

Die Satan weet as hy ons daarvan kan weerhou om te verstaan wat ons in die helm van verlossing het, het hy ons reeds ‘n geweldige slag toegedien. Ons helm van verlossing gaan verder as net om ons gedagtes teen vyandelike aanvalle te beskerm. Ons helm van verlossing help ons ook om ons lewens voluit te leef, hier en nou.

'n Deel van wat dit beteken om die helm van verlossing te dra is om elke dag te leef in die lig van die ewigheid en ons beloofde toekoms. Om met ons gedagtes ingestel op ons toekomstige glorie te lewe, sal ‘n impak hê op wat ons in die hede doen. Ons helm van verlossing gee ons oneindige hoop vir ons veilige ewigheid saam met Jesus. Die genade wat God aan ons gegee het deur geloof in Christus is al wat ons vir redding nodig het, sowel as om daagliks geheilig te word om meer soos Christus te word.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die helm van verlossing en hoe dit ons gedagtes bedek teen onsigbare aanvalle. Help ons om net na u stem te luister en die stem van ons vyand te herken. Help ons om te leer om ons gedagtes te bewaar en dankie by voorbaat dat U ons verlos het van die geestelike slawerny en vestings waarmee ons worstel. Amen.

读经计划介绍

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More