Wapenrusting van God预览

Lees: Romeine 12:1–2
SOAP: Romeine 12:2
"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."
Oordenking
Dit kan maklik wees om vasgevang te word in die weë van die wêreld en die dinge wat die samelewing belangrik ag, maar as gelowiges in Christus het ons die Heilige Gees wat binne-in ons woon wat ons denke deur die Woord van God verander. Soos Hy in ons werk help Hy ons om te leer om God se wil te onderskei en ‘n lewe te lei wat vir Hom aanneemlik is.
Om ons gedagtes te vernuwe behels om doelgerig te wees om tyd in die Woord van God deur te bring. Dit is meer as net om dit van tyd tot tyd te lees. Wanneer ons ons gedagtes met waarheid wil vernuwe moet ons nie net die Woord van God lees nie, maar dit ook memoriseer en in ons lewens toepas. Die Woord van God moet altyd ons denke beïnvloed. In plaas daarvan om na die samelewing of sosiale media te kyk vir bevestigings, kyk ons na die Woord van God en sien ons ons waarde as geliefde dogters van die Koning van die konings.
Hierdie proses gebeur nie oornag nie. Dag vir dag, deur doelbewus ou en vernietigende denkpatrone te vervang met dié wat gerig is op die waarheid van wie Christus is, vind ons ons ware identiteit in Christus.
Om ons gedagtes te vernuwe moet ‘n konstante keuse wees. Ons met God gereeld vra om ons te verander deur ons denke te vernuwe. Deur ons verstand te vernuwe genees God ons diepliggende wonde. Om die Heilige Gees te vra om ons daagliks te transformeer, verander ons gevoel van waarde. Wanneer ons vernietigende denkpatrone verwyder en dit vervang met die waarheid van die Woord van God, kan ons sy wil onderskei en vir Hom lewe. Jy is geliefd en gewaardeer, nie oor wat jy gedoen het nie, maar oor aan Wie jy behoort.
Gebed
Liewe Jesus, dankie dat U my gedagtes vernuwe met u Woord. Genees my van enige vernietigende denkpatrone wat ek het en help my om dit met u waarheid te vervang, in die wete dat my identiteit en waarde in U gevind word. Amen.
圣经
读经计划介绍

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More