Wapenrusting van God预览

Wapenrusting van God

43天中的第3天

Lees: Efesiërs 6:10–18

SOAP: Efesiërs 6:10–11

"Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."

Oordenking

Ek weet baie mense hou nie daarvan om hieroor te praat nie, maar of ons dit besef of nie, ons het 'n regte vyand, en hy speel vuil.

Laat ek raai, was dit moeilik om vandag tyd te vind om hierdie studie te begin? Was vandag 'n bietjie besiger as gewoonlik? Het jy boodskappe, oproepe of onderbrekings gekry terwyl jy probeer het om rustig te raak om tyd in God se teenwoordigheid deur te bring? Vriendin, nie een van hierdie onderbrekings is toevallig nie. Dit is alles deel van die plan.

Jy word dopgehou. Jy besef dit dalk nie, maar die Satan ken jou verlede, jou foute en watter versoekings jou knieë laat klap. Hy het 'n strategiese plan om jou daarvan te weerhou om jou Godgegewe doel te bereik, en hy sal alles in sy vermoë doen om jou uit te wis.

Dus, hoe bly ons staande ​teen onsigbare aanvalle wat opsetlik gemik is op ons vernietiging en die vernietiging van diegene wat ons liefhet? Ons staan ​​in die krag van God, nie ons eie nie. Dit is 'n geestelike stryd wat soms in die fisiese ryk kan beweeg, maar wat altyd met geestelike wapens beveg moet word. Wees verseker, geestelike oorlogvoering is ‘n werklikheid, maar so ook die wapens waarmee God ons toegerus het om hierdie huidige duisternis te beveg.

Kom ons klee onsself met die wapenrusting wat ons Vader ons gegee het. Ons sal nie langer naïef wees oor die onsigbare stryd wat orals om ons woed nie. Ons sal nie langer slagoffers van die Satan se planne wees nie. Nee, ons staan geklee ​​in die wapenrusting waarmee God ons toegerus het vir die gevegte wat ons in die gesig staar, terwyl ons onsself daaraan herinner dat die oorlog reeds gewen is. Ons veg vanuit 'n plek van oorwinning, nie nederlaag nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die wapenrusting voorsien wat ek benodig om vas te staan teen die aanslae wat oor my pad kom. Help my om my krag by U te put, sodat ek die Satan se aanvalle kan weerstaan. Open my geestelike oë om te sien wat werklik aangaan, sodat ek sal weet hoe om te reageer. Leer my hoe om die geestelike wapens wat U my gegee het, effektief te gebruik.

读经计划介绍

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More