Wapenrusting van God预览

Memoriseervers:
"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."
Filippense 4:6–7
Uitdaging vir die week:
Fokus hierdie week om te bid oor areas in jou lewe waar jy sukkel om vrede te vind. Miskien is dit die angstige gedagtes wat jou gedagtes vul die oomblik wat jy wakker word of die gedagtes wat jou aanhou bombardeer terwyl jy probeer aan die slaap raak. Wat ook al jou stryd is wat veroorsaak dat jy ‘n gebrek aan vrede het, skryf dit neer in jou gebedsjoernaal of op ‘n notakaart en bid daaroor elke keer as daar 'n angstige gedagte by jou opkom. Leer om negatiewe gedagtes te vervang met wat waar, edel, reg en rein is.
读经计划介绍

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More