Wapenrusting van God预览

Lees: Efesiërs 2:13–18
SOAP: Efesiërs 2:17
"Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was."
Oordenking
Die vrede wat Jesus bied is vir almal, dié wat naby is en dié wat ver van Hom af is. Dit is ‘n vrede wat nie net vir ‘n paar uitgesoektes is nie, maar vir almal wat hulle geloof in Jesus plaas. Hierdie vrede word ongeag ons foute van die verlede, ons huidige omstandighede of ons toekomstige besluite gegee. Ons kan almal die vrede smaak wat voortspruit uit ‘n persoonlike verhouding met God en wanneer ons volkome met Hom versoen is.
God se vrede kan alle begrip te bowe gaan en ons harte vol maak, selfs te midde van chaos en onrus. Dit is God se vrede wat ons almal nodig het. Skep daarom moed, liewe vriendin, wanneer jy voor uitdagings te staan kom of oorweldig voel: Jy is nie alleen nie, al woed daar ‘n geestelike stryd oral om jou! Hou vas aan die vrede van God wat Hy genadiglik voorsien, en vertrou op sy liefde en omgee vir jou.
Terwyl jy sy vrede ervaar, vertel ander daarvan omdat jy weet dat dit ‘n boodskap van hoop en ‘n blik op die liefde van God is. Hy het jou toegerus met presies die regte skoene vir hierdie reis. Gebruik dit om ander die vrede te help ervaar wat net God kan gee, die enigste vrede wat die storms van die lewe wat ons almal verduur, kan laat bedaar.
Gebed
Dierbare Here Jesus, dankie dat U u vrede gee aan elkeen wat na U roep. Dankie dat U in ons storms van angs, vrees en pyn intree. Kalmeer ons harte en gedagtes met u vrede, en help ons om u vrede met diegene om ons te deel.
读经计划介绍

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More