Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia预览

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

43天中的第5天

Lees: Nehemia 2:1–8; Kolossense 3:23–24

SOAP: Kolossense 3:23–24

"Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan."

Oordenking

Vier maande het verloop sedert Nehemia die eerste keer gehoor het van die toestand van die muur van Jerusalem. Hy het gebid en God gevra vir wysheid, hulp en deernis vir sy volk. Nehemia het egter nie daardie vier maande gesit en niks doen nie. Hy het selfs nie daardie maande net in gebed deurgebring nie.

Toe Nehemia die koning genader het met sy versoek, was hy voorbereid. Hy het verwag wat die koning sou vra, en hy was voorbereid met antwoorde op sy vrae. Hy het presies geweet wat hy van die koning sou nodig hê, en hy was dapper genoeg om dit te vra. Nehemia het daardie vier maande in gebed deurgebring en God vir wysheid en leiding gevra. Hy het ook daardie vier maande gebruik om te beplan. Hy het besef dat hy getrou en gehoorsaam aan God se roeping moes wees deur iets omtrent die saak te doen. Tog, toe die koning hom vra wat hy wil hê, het Nehemia eers gebid en God om hulp gevra, wetende dat, tensy Hy die koning se hart beweeg, hierdie sending nie sou slaag nie. Nehemia het getrou voorberei om die werk van God te doen, selfs terwyl hy op God se antwoord in afwagting was.

Niks sou God se plan om die muur te herbou verydel nie. Maar, vanweë sy getrouheid en gehoorsaamheid kon Nehemia deel van die werk wees en die volk in die proses lei. God is voortdurend besig om te herbou, selfs in ons eie lewens. Dit mag persoonlik wees, of God is dalk besig om iets vir ons gesinne, gemeenskappe of nasies te herbou. Wanneer ons getrou en gehoorsaam bly, kan ons deel wees van wat God doen. Wanneer ons daartoe verbind is om stappe van geloof te neem, maak dit nie saak hoe onseker ons is nie, ons sal geseën word deur die wyse waarop God ons voorgaan en 'n weg oopmaak.

Wat het God in hierdie tydperk op jou hart gelê? God werk altyd, Hy berei ons altyd voor vir wat Hy in ons lewens doen. Hoe kan jy getrou wees aan wat Hy jou tans gegee het om te doen? Wat is jou verantwoordelikheid terwyl jy wag? Wat moet jy prysgee en God toelaat om te doen terwyl jy op ander maniere voorberei?

God is altyd getrou aan ons, en Hy vra van ons gehoorsaamheid en getrouheid. Hy het vir ons elkeen werk gegee om te doen. Mag ons getrou wees om met entoesiasme te werk, en onthou dat ons vir die Here werk en dat daar 'n ryke seën is om te doen wat Hy ons gee om te doen.

读经计划介绍

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More