Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia预览

Lees: 2 Kronieke 36:15–21; Esra 1:1–4; 7:1–10; 2 Petrus 3:8–13
SOAP: 2 Petrus 3:9
"Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."
Oordenking
Voor ons met ons studie van Nehemia begin, is dit belangrik dat ons 'n begrip sal hê van die historiese agtergrond van hierdie gebeure. Die volk Israel het groot seëninge onder koning Dawid beleef. Maar nadat Dawid se seun Salomo gesterf het, is die volk Israel in twee koninkryke verdeel, Israel en Juda. Israel, die Noordelike Ryk, het teen God in opstand gekom en is deur die Assiriërs omvergewerp en vernietig. Die Assiriërs het die volk Israel in ballingskap verstrooi in die gebied wat onder hulle beheer was.
Gedurende die volgende honderd jaar het die volk Juda ook teen God in opstand gekom en Hy het hulle gedissiplineer. Die Babiloniërs het Jerusalem ingeneem en die volk in ballingskap weggevoer deur hulle na Babilon te neem, waar hulle sewentig jaar lank gebly het.
Uiteindelik, nadat die geprofeteerde sewentig jaar van ballingskap verby was, het God in die hart van die koning van Persië (die volk wat sedertdien die Babiloniërs verower het), gewerk om die mense van Juda na hul vaderland te laat terugkeer. Baie het wel teruggekeer, en hulle het die tempel in Jerusalem begin herbou. Ongeveer vyftig jaar later het Esra na Jerusalem teruggekeer en aanbidding in die tempel hervestig.
Nehemia se verhaal begin kort na Esra se terugkeer. Nehemia het in Persië gewoon en nie soos baie ander na Jerusalem teruggekeer nie. God het egter vir Nehemia en sy verbintenisse met die koning van Persië gebruik om die muur van Jerusalem te herbou en om die harte van die volk van Juda terug te keer na Hom.
God het sy volk, beide Israel en Juda, gestraf omdat hulle teen Hom gedraai het en sy gebooie verontagsaam het. Na 'n tydperk van dissipline het God die volk van Juda herstel. Hulle het berou getoon en van hulle afgodery afgewyk en God het hulle vergewe. Die Jode se fisieke terugkeer en herbouing van Jerusalem het weerspieël wat God in hulle harte gedoen het.
Alhoewel ons dalk nie ‘n letterlike ballingskap sal ervaar soos die volk van Juda nie, sal ons waarskynlik een of ander tyd die dissipline van God ervaar. Maar ons God is getrou aan sy beloftes wanneer ons getrou is om ons te bekeer en na Hom toe terug te keer. Hy is lankmoedig met ons, want Hy wil nie hê dat enigeen moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom en in Hom sal glo.
读经计划介绍

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.
More