Blywende Hoop预览

Geanker
Lees: Hebreërs 6:10-20
SOAP: Hebreërs 6:19-20
Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
Oordenking
Wat ’n vreugde was dit nie om die afgelope paar weke in ons begrip van hoop te groei nie. Ons het gesien hoe hoop die vertroue is om op God te wag vir die goeie wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Ons het ontdek dat volharding steeds ons hoop op die goedheid van God plaas wanneer ons omstandighede vir ons sê om op te gee. En ons het geleer dat wanneer ons hoop standvastig bly, ons geloof in God se beloftes versterk word.
God vra ons om standvastig te bly in die hoop tot die einde toe. Dit is beide die einde van ons tydperk van wag en die einde van ons lewens terwyl ons aanhou om saam met Hom te wandel en Hom met ons verlossing te vertrou. Deur volharding sal ons die vervulling van al God se beloftes sien. God het ons genadiglik voorbeelde gegee om te volg van diegene wat standvastig in hoop gebly het, deur lyding en twyfel volhard het, om ons aan te moedig om dieselfde te doen.
Wat ’n seën dat ons God ons nie laat raai oor wat Hy vir ons beplan nie. Soos Hy vir Abraham gesê het wat Hy sou doen, het Hy ons onveranderlike beloftes gegee sodat ons bemoediging kan vind terwyl ons volhard. Wat ’n vreugde om te rus in die waarheid dat ons God nooit verander nie en dat Hy altyd sy beloftes nakom.
Hierdie hoop is ons anker. Soos ’n anker keer dat ’n boot see toe dryf, om deur die stroom of die winde rondgeslinger te word, is hoop die anker wat ons aan Christus vasgemaak hou. Hy weerhou ons daarvan om weg te dryf, om deur vrees, twyfel of leuens rondgeslinger te word. Ons is in Hom geanker deur ons hoop.
Wanneer ons anker Christus is, sal dit nie misluk nie. Hy kan nie faal nie, want Hy is die Een wat hierdie beloftes aan ons gegee het. In Hom het ons verlossing, vryheid van sonde en dood, ’n verhouding met God, oorvloedige lewe en goeie gawes. Mag ons volhard, ongeag wat die wêreld of ons vrese vir ons sê. Mag ons standvastig in hoop bly, geanker in Hom, maak nie saak wat kom nie.
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More