KykNET Lent Gids预览

KykNET Lent Gids

39天中的第28天

Deur God gevorm

"… want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe"
(Efesiërs 2:10).

"Die wese van perfeksionisme gaan nie oor hoë standaarde nie. Dit gaan oor vrees. Vrees om te misluk. Vrees om simpel te lyk, vrees om ‘n fout te maak, vrees om geoordeel, gekritiseer, gespot te word. Dis die vrees dat een eenvoudige feit dalk waar mag wees: Jy’s nie goed genoeg nie”– Marie Forelo.

Dit kan dalk nuttig wees om jou begrip – of definisie - van “perfek” of “goed genoeg” te herbesoek en daaroor na te dink. So dikwels is ons selfveragtende posisie en geloof geanker in hoe ons dinge verstaan of definieer.

Wanneer ek dink dat ek nie goed genoeg is nie, kan ek in die strik trap om in die teenoorgestelde rigting te beweeg, myself te ver te dryf, en voortdurend daarna te streef om perfek te wees. Ek kan oorweldig word om te probeer wees wat ek nie is nie, omdat ek gedurig dink as ek net sus of so of soos iemand anders kan wees, dan sal ek goed genoeg wees. Dit kan uitputtend wees en sal vinnig my energie dreineer. Hoe meer ek daarna streef om iets te wees wat ek nie is nie, hoe meer rusteloos, vervreem en ontevrede sal ek voel. Dit kan lei na geestelike uitputting, en my pogings sal vrugteloos voel.

Paulus sê dat ons, ten spyte van ons verkeerde lewe, lewend gemaak is deur God se groot liefde en genade. Daarom hoef ek nie te wees wie ek nie is nie, want wat ek ook al kortkom, sal God deur sy liefde en genade voorsien.

Lydenstyd nooi ons om te erken dat elkeen van ons deurlopend deur die hand van God gevorm word; ons is almal “God se handewerk”. Lydenstyd spoor ons aan om ons waarde op te eis — God se unieke vingerafdruk op ons elkeen. Ek hoef nie te wees wie ek nie is nie, want God het my deur Jesus reg en gereed gemaak nes ek is.

Oefening:

Wat beteken dit vir jou om “goed genoeg” te wees? Put jy jouself uit deur iemand te probeer wees wat jy nie is nie? Staan vandag tyd daaraan af om met God te praat en vir Hom dankie te sê vir wie jy is en hoe Hy jou geskape het.

Herhaalgebed:

“Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. (Jeremia 31:3)

读经计划介绍

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

More