Spreuke – eenjaarleesplan预览

Spreuke – eenjaarleesplan

365天中的第341天

Vers 12:. 'n Heerser wat luister na leuentaal het later net goddelose mense in diens. Sy gebrek aan respek vir die waarheid beïnvloed sy dienaars. Hulle word soos die een wat hulle dien.

Vers 13: Die Here gee die lig (van die lewe) aan beide armes as verdrukkers. Hulle is dus almal van dieselfde Here afhanklik. Dit is ‘n waarheid wat regdeur die Bybel beklemtoon word. In die Nuwe Testament gebruik Jesus hierdie beginsel om liefde vir jou vyand te motiveer (Matteus 5:43-48).

Vers 14. ‘n Koning wat reg aan armes laat geskied, bestendig daarmee sy eie regering.

读经计划介绍

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More