Kom, Here Jesus, Kom预览

Kom, Here Jesus, Kom

43天中的第42天

Lees: Matteus 28:16-20

SOAP: Matteus 28:19-20

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Oordenking

Jesus is met ons tot die einde toe. Ons ken ons doel. Ons ken ons missie. Ons word opdrag gegee om uit te gaan na die wêreld en dissipels van alle nasies te maak. Om in die wêreld uit te gaan beteken om na ander lande te reis, en dit beteken ook om die straat oor te steek of in sommige gevalle, selfs die kamers in ons huise. Ons moet Christus deel met diegene wat naby en ver is. Ons moet ander die Woord van God leer en hoe om dit te gehoorsaam. Dit is meer as net ’n bekering; Jesus wil hê ons moet hierdie geslag dissipels maak.

Wanneer jy dink aan die wyse hoe Jesus gekies het om sy twaalf dissipels te leer, sal jy sien dat Hy hulle nie net die Woord van God geleer het nie, maar ook hoe om dit uit te leef. Dit is nie genoeg die Woord van God in ons gedagtes te ken nie; ons moet toelaat dat die Woord van God ons harte binnedring en ons van binne na buite verander. Die Woord van God moet ’n impak hê op die manier waarop ons ons lewens leef, die manier waarop ons ander liefhet, dien en behandel. Alhoewel dit alles ’n proses is en tyd neem, sien ons dat Jesus saam met ’n uitgesoekte groep van twaalf mans geleef het en in hulle belê het. Hierdie mans was ver van volmaak. Hulle het Jesus nie altyd verstaan nie, maar Jesus het nooit opgegee met hulle nie.

Dissipelskap is moeilik. Dissipelskap neem tyd. Maar dit is die opdrag wat Jesus vir ons gelaat het: doen soos Ek gedoen het. Getalle maak nie saak nie. Giet jou lewe in ’n groep individue. Leer hulle die Woord van God en hoe om dit te gehoorsaam. Reik uit na diegene wat plaaslik en diegene aan die uithoeke van die aarde is. Niemand is te ver van God af nie. Almal is welkom aan die voet van die kruis. Hy het dit self gedoen, en Hy het ons iets belowe wat ons altyd moet onthou: Hy is altyd by ons.

Gebed

Here, dankie vir die belofte dat U altyd by ons is. Vandag bid ek vir guns en oop deure om met vrymoedigheid te deel met diegene naby my en enige plek waarheen U my kan stuur. Dankie vir hierdie geleentheid om ’n rol te speel in hierdie wonderlike liefdesverhaal wat U met ons lewens skryf. Maak asseblief die harte en gedagtes van hierdie geslag oop vir u liefde. Ek bid dat hierdie geslag van hulle sondige weë sal bekeer en tot U sal draai. Ek bid vir redding vir diegene wat U nog nie ken nie, en ek bid dat die Heilige Gees kragtig sal werk deur die van ons wat u Naam dra. Ek bid vir ’n magtige oes soos nog nooit tevore nie. Ek bid dat u koninkryk sal kom en dat u wil sal geskied. Tot die dag wat ons U van aangesig tot aangesig sien, sal ons bid, kom, Here Jesus, kom. Amen.

读经计划介绍

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.

More