Kom, Here Jesus, Kom预览

Lees: 2 Timoteus 4:1-8
SOAP: 2 Timoteus 4:5
Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.
Oordenking
Weet jy dat God ’n missie vir jou lewe het? Ons weet ’n dag kom wanneer ons almal rekenskap sal gee van ons lewens. Paulus deel dat hy die goeie stryd gestry het, hy het die wedloop voltooi wat God hom gegee het, en deur dit alles, die opdraandes, die afdraandes, die beproewinge en die vervolging, het hy die geloof behou. Paulus het geweet Jesus, die regverdige Regter, sou hom eendag die kroon van geregtigheid gee – ’n beloning omdat hy sy lewe goed geleef het. Hierdie beloning is nie beperk tot Paulus nie, maar is vir almal van ons wat swaarkry verduur, ’n evangelis se werk doen en die bediening wat Christus vir ons gegee het, vervul.
Daar is ’n glorieryke beloning aan die einde van ons marathon lewe, liewe vriendin. EK weet die wedloop kan soms moeilik wees. Mense wil nie God se waarheid hoor wat regstel, bestraf en bemoedig nie. As jy soos ek is, kan jy soms in die versoeking kom om op te hou. Ek wil jou egter aanmoedig om soos Paulus te wees en die moeilike tye, swaarkry en stryd te verduur. Kies om voort te gaan. Moenie opgee nie. Gee jou alles om die take te doen wat God vir jou in hierdie lewe gegee het. Moet nooit vergeet dat hierdie lewe die oefenveld is vir ’n groter lewe wat kom nie. Wat jy hier doen maak vir ewig saak.
Gebed
Liewe Here, help my om getrou te bly in die wedloop van die lewe waarin U my geplaas het. Ek wil hê dat my lewe, my wedloop, eer aan U moet bring. Help my om te volhard wanneer ek lus is om op te gee. Help my om die goeie stryd te veg, en daarin te bly tot die einde toe. Dankie vir die belofte dat U altyd by my is. Tot die dag toe ek by u kosbare voete is, bid ek, kom, Here Jesus, kom. Amen.
读经计划介绍

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.
More