Geloof Bo Volmaaktheid预览

Geloof Bo Volmaaktheid

43天中的第35天

Lees: Genesis 25:27–34; 1 Johannes 2:15–17

SOAP: 1 Johannes 2:15–17

Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.


Oordenking

In die woordewisseling tussen Jakob en Esau oor die geboortereg vind ons geen blywende oplossing tussen die broers en geen Goddelike goedkeuring vir enige van hulle optrede nie. Die insluiting van die verhaal sorg vir verskeie belangrike storielyne: die kontras tussen Jakob en Esau, die konflik tussen die broers, en die begin van die vervulling van God se belofte dat die oudste die jongste sal dien. 

Esau word beskryf as ‘n goddelose persoon wat die dinge van God verag het en ‘n lewe van wêreldse vryheid nagejaag het. Jakob het die dinge van God so reikhalsend begeer dat hy niks sou ontsien het om dit te bekom nie. Esau was wild, Jakob was rustig. Esau was fisies, Jakob was uitgeslape. Isak was lief vir Esau, Jakob was Rebekka se gunsteling. In teenstelling met Jakob wat God se seëninge wou bekom, wou Esau sy vleeslike begeertes bevredig. Albei was ervare jagters, Esau van wild en Jakob wat geslepenheid betref. 

Nòg Jakob nòg Esau se gedrag in hierdie verhaal was voorbeeldig. Esau het toegelaat dat sy vlees, sy begeerte om sy liggaamlike honger te bevredig, die voorkeur geniet, selfs bo die heilige dinge van God. Hy het geleef om sy vlees te bevredig en impulsief opgetree en daardeur sy geboortereg geminag. Hoewel dit duidelik is dat Jakob sy broer gemanipuleer en beheer het om te kry wat hy wou hê, veroordeel die skrif Jakob se gedrag moreel nie so sterk as Esau s’n nie. God het hierdie gebeurtenis gebruik om sy voornemens uit te voer om, soos Hy beloof het, Jakob se oppermag oor sy broer te verhoog. 

As volgelinge van Christus word ons geroep om anders as die wêreld te leef. Ons kan nie soos Esau leef om ons vleeslike begeertes te bevredig nie. In plaas daarvan moet ons die dinge van God nastreef. Ons word egter nie van sonde verskoon as ons, soos Jakob, geestelike dinge eerbiedig nie. Ons moet ons nog steeds so gedra dat God daardeur geëer en verheerlik word, ongeag wat dit ons persoonlik kos. Die wêreld gaan verby, maar as ons die wil van God doen, verkry ons die ewige lewe.  


Gebed

Here God, ek wil nie meer die dinge van die wêreld begeer nie. Wys vir my die dinge in my lewe wat wêrelds is. Help my om dié dinge uit my lewe weg te kry sodat ek U volkome kan eer en ‘n lewe in diens van U alleen lei. Amen.



读经计划介绍

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More