In Die Begin预览

In Die Begin

43天中的第8天

Oordenkingsvrae:  

  1. Waarom het God al die dinge wat Hy geskep het, beskryf as "goed"? Wanneer jy na die dinge kyk wat God geskep het, sien jy dit ook as goed?   
  2. Hoe help God se vrae aan Job jou om die skepping in 'n nuwe lig te sien? Wat het jou verras oor die manier waarop God die skepping aan Job beskryf het?   
  3. Is God nog steeds aktief in die skepping? Hoekom dink jy so? Gaan God nog steeds voort om die aarde te vorm en te skep soos Hy in die begin gedoen het?  
  4. Wat beteken dit dat God die oggend beveel om te kom? Vertroos dit jou dat jy weet dat God die begin van elke nuwe dag beveel en beheer? Hoekom of hoekom nie?  
  5. God sorg vir en voorsien aan elke dier wat Hy geskep het. Hoe bring dit jou die versekering dat God jou versorg en jou raaksien?

读经计划介绍

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More