PSALMS 61

61
U is vir my 'n toevlug
1Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2Hoor tog my hulpgeroep, o God,
slaan tog ag op my gebed.
3Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.
Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4U is vir my 'n toevlug,
'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5Laat my by U 'n blywende tuiste vind.
Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6U, o God, hoor my geloftes,
U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7Laat die koning lank lewe,
laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8Mag hy sy lewe lank regeer voor God,
mag u liefde en trou hom bewaar!
9Dan sal ek u Naam altyd besing
en dag na dag my geloftes betaal.

Поточний вибір:

PSALMS 61: AFR83

Позначайте

Поділитись

Порівняти

Копіювати

None

Хочете, щоб ваші позначення зберігалися на всіх ваших пристроях? Зареєструйтеся або увійдіть