Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlaeనమూనా

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae

7 యొక్క 5

Lees Rigters 7 nog een keer, maar in plaas daarvan om op die gebeure te fokus soos gister, gee nou spesiale aandag aan God, Gídeon, Gídeon se manskappe en die Midianiete. Voeg alle nuwe insigte oor Gídeon by die lys wat jy op Dag 2 begin het. Voeg alles wat jy oor God leer by die lys oor Hom wat jy op Dag 3 gemaak het. Lys ook wat jy oor Gídeon se manskappe en die Midianiete leer. Maak seker dat jy noukeurig waarneem hoe God met Gídeon handel en hoe hy daarop reageer. 

Toepassing: Praat met die Here oor hoe jy kan toepas wat jy vandag geleer het. Moenie toelaat dat jy net kopkennis op doen nie! Dit moet oorskakel na 'n veranderde lewe.

రోజు 4రోజు 6