Anders As EkSampel

Daar is min mense wat so sleg ingepas het in die Jode se verwysingsraamwerk van ‘n mede- gelowige, as ‘n ontmande Etiopiër. Nie net is hy van ‘n ander ras, kultuur, godsdiens en land nie, maar hy was uitdruklik deur die wet verbied om deel van die Here se gemeente te wees, volgens Deut. 23: 1.
En tog gebeur dit dat die Heilige Gees self vir Filippus stuur om saam met hom te reis. In die proses besef Filippus dat hierdie man besig is om ‘n mede-gelowige te word. Hy bestudeer saam met hom God se woord en wanneer die tyd kom, doop hy die Etiopiër. En daarmee saam word hulle deel van dieselfde familie — van dieselfde gemeente van die Here.
God maak ons deel van een huisgesin. Hy stel ons bloot aan mense wat anders as ons is. Hy gee ons geleenthede om ‘n deel van die pad saam met ander te stap.
- Wie bring God oor jou pad?
Perihal Pelan

God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.
More
Pelan yang Berkaitan

Benih: Apa dan Mengapa

Mengasihi dan Terus Mengasihi

Serahkanlah Segala Kekhuatiran Kamu

Apakah Tujuan Saya? Belajar Mengasihi Allah dan Mengasihi Orang Lain

Terpilih - Mendedahkan Wanita dalam Kristus

Dimeterai —Bahagian 3

Dimeterai - Bahagian 1

Anthem:Kasih Kurnia dalam Cerita Hidup Anda

Bangkitlah dan Bersinarlah
