Biblijos programėlės logotipas
Paieškos piktograma

PSALMS 53

53
Daar is nie een wat goed doen nie
(Vgl. Ps. 14)
1Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid.
2Die dwaas dink daar is geen God nie.
Dwase mense vernietig alles;
wat hulle doen, is 'n gruwel vir God.
Daar is nie een wat goed doen nie.
3Van die hemel af kyk God die mense deur
om te sien of daar één verstandige is,
één wat na die wil van God vra.
4Almal het afgedwaal,
die laaste een het ontaard,
daar is niemand wat goed doen nie,
selfs nie één nie.
5Julle wat onreg pleeg,
wat my volk opeet asof julle brood eet,
en wat weier om God te dien –
weet julle dan nie
6dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur,
so vreeslik soos nooit tevore nie?
God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg,
op die slagveld verstrooi.
Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan,
want God het hulle verwerp.
7Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!
Wanneer God die lot van sy volk verander,
sal Jakob juig, sal Israel bly wees.

Šiuo metu pasirinkta:

PSALMS 53: AFR83

Paryškinti

Kopijuoti

Palyginti

Dalintis

None

Norite, kad paryškinimai būtų įrašyti visuose jūsų įrenginiuose? Prisijunkite arba registruokitės