Biblijos programėlės logotipas
Paieškos piktograma

PSALMS 113

113
Prys die Here!
1Prys die Here!
Prys, dienaars van die Here,
prys die Naam van die Here!
2Die Naam van die Here moet geloof word,
nou en vir altyd.
3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan,
moet die Naam van die Here geprys word!
4Hoog bo al die nasies heers die Here,
sy mag strek selfs oor die hemele.
5-6Wie in die hemel of op die aarde
is soos die Here ons God,
wat hoog woon en hier onder alles sien?
7Die geringe help Hy op uit die stof,
die arme laat Hy van die ashoop af opstaan
8om hom by vernames te laat sit,
by die vernames van sy volk.
9Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin,
sy word 'n gelukkige moeder van kinders.
Prys die Here!

Šiuo metu pasirinkta:

PSALMS 113: AFR83

Paryškinti

Kopijuoti

Palyginti

Dalintis

None

Norite, kad paryškinimai būtų įrašyti visuose jūsų įrenginiuose? Prisijunkite arba registruokitės