1
SPREUKE 3:5-6
Afrikaans 1983
AFR83
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Palyginti
Naršyti SPREUKE 3:5-6
2
SPREUKE 3:7
Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is
Naršyti SPREUKE 3:7
3
SPREUKE 3:9-10
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.
Naršyti SPREUKE 3:9-10
4
SPREUKE 3:3
Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe.
Naršyti SPREUKE 3:3
5
SPREUKE 3:11-12
My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.
Naršyti SPREUKE 3:11-12
6
SPREUKE 3:1-2
My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy 'n vol lewe het.
Naršyti SPREUKE 3:1-2
7
SPREUKE 3:13-15
Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie.
Naršyti SPREUKE 3:13-15
8
SPREUKE 3:27
Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.
Naršyti SPREUKE 3:27
9
SPREUKE 3:19
Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig.
Naršyti SPREUKE 3:19