1
Genesis 1:26-27
Bybel vir almal
God het gesê: “Kom Ons maak 'n mens wat in ons plek kan regeer. Die mens moet hoof wees oor die visse in die see en oor die voëls in die lug. Hy moet ook hoof wees oor die mak diere en oor die hele aarde, en oor al die diere wat op die aarde kruip.” God het toe die mens gemaak om in sy plek te regeer. Hy het die mens gemaak om in sy plek hoof te wees. Hy het die mense so gemaak dat daar mans en vroue is.
比較
Genesis 1:26-27で検索
2
Genesis 1:28
God het hulle geseën en vir hulle gesê: “Julle moet baie kinders kry en die aarde vol mense maak. Julle moet hoof wees oor die aarde en julle moet regeer oor die visse in die see, oor die voëls in die lug en oor al die diere wat op die aarde beweeg.”
Genesis 1:28で検索
3
Genesis 1:1
Alles het begin toe God die hemel en die aarde gemaak het.
Genesis 1:1で検索
4
Genesis 1:2
Daar was niks op die aarde nie, niemand kon daar woon nie. Daar was net 'n groot see, en dit was baie donker. Die Gees van God het oor die water beweeg soos 'n sterk wind.
Genesis 1:2で検索
5
Genesis 1:3
God het gesê: “Daar moet lig wees.” En toe was daar lig.
Genesis 1:3で検索
6
Genesis 1:31
God het toe gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die sesde dag.
Genesis 1:31で検索
7
Genesis 1:4
God het gesien die lig is goed. Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.
Genesis 1:4で検索
8
Genesis 1:29
God het gesê: “Ek gee nou vir julle al die plante wat saad dra op die hele aarde, en al die bome wat vrugte en saad dra. Dit is die kos wat julle mag eet.
Genesis 1:29で検索
9
Genesis 1:5
God het die lig “dag” genoem en Hy het die donker “nag” genoem. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die eerste dag.
Genesis 1:5で検索
10
Genesis 1:6
God het gesê: “Daar moet 'n hemeldak wees, die lug daarbo, en dit moet die water wat bo is, skei van die water wat onder is.”
Genesis 1:6で検索
11
Genesis 1:30
Die gras en die groen plante is kos vir al die wilde diere, vir die voëls en al die ander diere wat op die aarde lewe.” Dit het gebeur.
Genesis 1:30で検索
12
Genesis 1:14
God het gesê: “Daar moet ligte in die hemeldak wees. Die ligte moet dag en nag van mekaar skei. Die ligte moet tekens wees wat wys watter tyd dit is en wanneer die dae en die jare begin en wanneer hulle eindig.
Genesis 1:14で検索
13
Genesis 1:11
God het gesê: “Daar moet plante op die aarde groei – groen plante wat saad dra, en bome wat vrugte dra en wat saad in die vrugte dra.” Dit het toe gebeur.
Genesis 1:11で検索
14
Genesis 1:7
Dit het toe gebeur. God het die hemeldak gemaak en Hy het die water onder die dak geskei van die water bo die dak.
Genesis 1:7で検索
15
Genesis 1:12
Daar het plante op die aarde gegroei – groen plante wat hulle eie saad dra, en bome wat hulle eie saad in die vrugte dra. God het gesien dit is goed.
Genesis 1:12で検索
16
Genesis 1:16
God het twee groot ligte gemaak, en ook die sterre. Die groot lig moes in die dag skyn, en die kleiner lig moes in die nag skyn.
Genesis 1:16で検索
17
Genesis 1:9-10
God het gesê: “Die water onder die hemel moet bymekaarkom op een plek, sodat daar ook grond kan wees.” Dit het toe gebeur. God het die grond “aarde” genoem en Hy het die water “see” genoem. God het gesien dit is goed.
Genesis 1:9-10で検索
18
Genesis 1:22
God het die diere in die see en die voëls geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet meer word, en die see moet vol diere wees. Daar moet ook baie voëls op die aarde wees.”
Genesis 1:22で検索
19
Genesis 1:24
God het gesê: “Daar moet baie soorte diere op die aarde wees – mak diere, diere wat kruip en wilde diere.” Dit het toe gebeur.
Genesis 1:24で検索
20
Genesis 1:20
God het gesê: “Daar moet baie diere in die water wees en daar moet voëls onder die hemeldak vlieg.”
Genesis 1:20で検索
21
Genesis 1:25
God het die diere op die aarde gemaak, wilde diere, mak diere en diere wat kruip. God het gesien dit is goed.
Genesis 1:25で検索
YouVersionはCookieを使用してユーザエクスペリエンスをカスタマイズします。当ウェブサイトを使用することにより、利用者はプライバシーポリシーに記載されているCookieの使用に同意するものとします。
ホーム
聖書
読書プラン
ビデオ