Logo YouVersion
Icona Cerca

Maleagi Maleagi 4

Maleagi 4
1Want kyk, die dag kom wat brand soos 'n oond; en al die hoogmoediges, en ook almal wat goddeloos handel, sal stoppels wees;
2Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan met genesing onder sy vleuels; en julle sal uittrek en opgroei soos kalwers van die stal.
3En julle sal die goddelose vertrap; want hulle sal as onder julle voetsole wees op die dag as Ek dit doen, spreek die HERE van die leërskare.
4Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom by Horeb vir die hele Israel beveel het, met die insettinge en verordeninge.
5Kyk, Ek stuur vir julle die profeet Elía voordat die groot en verskriklike dag van die HERE kom.
6En hy sal die hart van die vaders tot die kinders bekeer en die hart van die kinders tot hulle vaders, dat Ek nie kom en die aarde met 'n vloek tref nie.

Attualmente Selezionati:

Maleagi Maleagi 4: CAB23

Evidenzia

Copia

Confronta

Condividi

None

Vuoi avere le tue evidenziazioni salvate su tutti i tuoi dispositivi?Iscriviti o accedi