BibleProject | Advent OordenkingsEgzanp

Jesus sê dat die hoogste standaard van ware liefde is hoe goed jy die persoon behandel wat jy nie kan verdra nie, of in sy woorde: “jy moet jou vyand liefhê en goed doen aan hulle sonder om iets in ruil daarvoor te verwag." Vir Jesus weerspieël hierdie soort liefde die werklike karakter van God self.
Lees:
Lukas 6:27-36
Reflekteer:
Wat merk jy op? Watter vrae, gedagtes en gevoelens kom op soos jy lees? Dink aan of vertel 'n storie van 'n ondervinding wat jy of iemand wat jy ken gehad het, waar liefde vir hulle vyand gewys is en niks terug verwag is nie. Wat belowe Jesus vir diegene wat op hierdie manier liefhet (sien vers 35)? Let op hoe God self liefdevol is teenoor ondankbare en bose mense. Wat sê dit oor God se karakter? Stel jouself 'n wêreld voor waar God gemeen was met mense wat ondankbaar en boos was. Sal enigiemand enigsins oorleef? Let op hoe God in vers 36 beskryf word. Wat is die verhouding tussen liefde en genade? Hoe spesifiek daag Jesus se woorde jou uit of bemoedig dit jou vandag? Wat is een manier hoe jy vandag aktief kan reageer? Laat jou lees en nadenke 'n gebed voortbring. Druk jou dankbaarheid vir God se genadige liefde uit en wees eerlik oor hoe jy dieselfde liefde van ander weerhou het. Bid vir die mense wat jou sleg behandel het en vra vir God se voortdurende hulp om ander soos Hy lief te hê.
Ekriti
Konsènan Plan sa a

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
More
Plan ki liye yo

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Grandi Nan Sanktifikasyon

Bondye pa ChatGPT

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa
