BibleProject | Advent OordenkingsEgzanp

Agape liefde is nie hoofsaaklik 'n gevoel wat met mense gebeur nie. Liefde is 'n aksie. Dit is 'n keuse wat mense maak om die welstand van ander te soek. Die apostel Paulus sê in een van sy briewe dat liefde belangriker is as om geestelike kennis of spesiale vermoëns te hê en dat niks werklik daarsonder saak maak nie. Hy gaan voort om te beskryf presies hoe liefde dink en optree.
Lees:
1 Korintiërs 13:1-7
Reflekteer:
Skryf 1 Korintiërs 13:4-7 op 'n stuk papier. Watter woorde of frases staan veral vir jou uit terwyl jy die gedeelte in jou eie handskrif skryf? In watter aspekte van liefde moet jy die meeste groei? Vertel God en vra vir sy hulp. Met Paulus se definisie van liefde in gedagte, oorweeg hoe Jesus jou lief gehad het. Hoe was Jesus byvoorbeeld geduldig, goedhartig, nederig en onbaatsugtig teenoor jou? Wie het vandag nodig om herinner te word dat God hulle liefhet? Hoe wil Jesus hierdie week sy liefde deur jou deel? Neem tyd om daaroor te bid. Skryf enige idees wat in jou gedagtes opkom neer terwyl jy bid en maak 'n plan om sy liefde hierdie week aktief te deel.
Ekriti
Konsènan Plan sa a

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
More
Plan ki liye yo

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Bondye pa ChatGPT

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Grandi Nan Sanktifikasyon

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon
