BibleProject | Advent OordenkingsEgzanp

Jesus sê vir sy volgelinge: “Wanneer mense julle verwerp of julle vervolg omdat julle My volg, wees verheug, wees baie bly, want julle beloning in die hemel is groot." Ons sien in Jesus se onderrig dat ware vreugde die moeilikste omstandighede kan oorleef, omdat dit nie van omstandighede afhang nie. Dit is eerder afhanklik van God en sy beloftes vir die ewige toekoms van sy volk.
Lees:
Matteus 5:11-12, Handelinge 13:50-52, Hebreërs 12:1-3
Reflekteer:
Volgens hierdie gedeeltes, hoe kan vreugde volgehou word selfs in pynlike en dreigende omstandighede? Spandeer tyd om Hebreërs 12:1-3 te hersien. Jesus het baie pyn verduur, omdat Hy 'n groter vreugde na Sy lyding kon sien. In hierdie gedeelte word volgelinge van Jesus geroep om swaarkry te verduur met hul oog op Jesus; Hy word die vreugde wat hulle voorgehou word. Wat dink jy beteken dit prakties om "jou oë op Jesus gevestig te hou?" Verander jou refleksies in 'n gebed van jou hart aan God.
Konsènan Plan sa a

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
More
Plan ki liye yo

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Grandi Nan Sanktifikasyon

Bondye pa ChatGPT

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa
