Gebede Om Jou Hart Te SeënEgzanp

Jesus, kaptein van my siel
O Heer van die oseane, my ou bootjie seil op ’n rustelose see; gee dat Jesus aan die stuur sal sit en my veilig op koers sal hou. Bewaar my van slegte strome wat my van die hemelse koers af dwing en laat my geloof nie skipbreuk ly te midde van die storms nie.
Bring my met vlieënde vaandels terug na die hawe, met ’n ongeskonde romp en my vrag onbedorwe.
Ek vra groot dinge, verwag groot dinge, en sal groot dinge ontvang; ek vertrou volkome op U — my wind, sonskyn, anker en verdediging. Mag die wêreld vandag ’n gelukkiger en beter plek wees omdat ek lewe. Laat my mas voor my die Verlosser se kruis wees en elke aankomende golf die fontein in sy sy wees. Help my, beskerm my in die bewegende see totdat ek die kus van ononderbroke lofprysing bereik.
-TRADISIONELE PURITEINSE GEBED
Ekriti
Konsènan Plan sa a

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.
More
Plan ki liye yo

Bondye pa ChatGPT

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Grandi Nan Sanktifikasyon

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj
