Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagPrimjer

Lees: Handelinge 1
SOAP: Handelinge 1:7–8
Jesus se tyd op aarde het tot 'n einde gekom. Hy het 'n perfekte lewe gelei, 'n offerdood gesterf om boete te doen vir die sondes van die wêreld, en het drie dae later uit die dood opgestaan. Hy het die dood oorwin, Hy het ons skuld weggeneem en Hy het ons verhouding met God herstel.
Voordat Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy aan sy volgelinge 'n groot roeping gegee: om sy getuies te wees. Hy het hulle belowe dat die Heilige Gees sou kom (en die Heilige Gees het gekom!) en Hy het aan hulle verduidelik hoe die krag van die Heilige Gees hulle krag sou gee om die wêreld van Hom te vertel.
Nadat Jesus opgevaar het na die hemel het Hy die apostels en al sy volgelinge bekragtig om die boodskap van die evangelie te versprei. Hulle moes aan die wêreld vertel wat hulle Jesus gesien doen het en alles waarvan hulle getuies was tydens sy bediening. Jesus het die wêreld verander en dit was tyd vir die wêreld om daarvan te weet. Bekragtig deur die Heilige Gees, het die dissipels die boodskap van die evangelie na Judea, Samaria en die verste dele van die aarde geneem, net soos Jesus hulle die opdrag gegee het.
Here Jesus, dankie dat U die boodskap van die evangelie aan u dissipels toevertrou het. Ek is nederig en dankbaar dat ek die waarheid van die evangelie kon hoor en glo. Help my om 'n getuie te wees van die evangelie in my lewe en aan al die mense rondom my. In die naam van Jesus. Amen.
Sveto pismo
O planu čitanja

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Povezani planovi

Korizma/Uskrs: Isus se hrabro suočava sa smrću

Isusova čuda: Otkrivanje Njegova božanskog identiteta

Božićna priča: 5 dana o Isusovu rođenju

Isusova učenja: Mudri izbori i trajni blagoslovi

Isusove prispodobe: Praktična objašnjenja Kraljevstva

Himna: Milost u Vašoj Priči

Isusova ozdravljenja: Otkrivanje Njegove snage i suosjećanja

Korizma/Uskrs: Isus trpi, umire i pobjeđuje

Susret koji mijenja: 40-dnevni izazov (Evanđelje po Luki)
