YouVersion logo
Ikona pretraživanja

PSALMS 15

15
Wie het die reg om in die tempel te kom?
1'n Psalm van Dawid.
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?
Wie mag op u heilige berg vertoef?
2Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3nie kwaadpraat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie;
4hy wat dié verag wat deur God verwerp is,
maar almal eer wat die Here dien;
wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,
5sy geld nie op rente uitleen nie
en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.
Wie hom hieraan hou,
sal nooit wankel nie.

Trenutno odabrano:

PSALMS 15: AFR83

Istaknuto

Kopiraj

Usporedi

Podijeli

None

Želiš li svoje istaknute stihove spremiti na sve svoje uređaje? Prijavi se ili registriraj