Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasMuestra

Lees Lukas 1:1-25
SOAP Lukas 1:25
“Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.”
Oordenking
God het 'n groot verlossingsplan. Hierdie plan het begin met die skepping en duur vandag nog voort en dit toon God se krag en soewereiniteit. Hy werk voortdurend sy plan uit en laat sy mense toe om te sien hoe Hy werk.
Aan die begin van die Evangelie van Lukas leer ons dat Johannes 'n voorloper vir Christus was. Johannes was die profeet wat God belowe het om na sy mense te stuur om hulle harte voor te berei vir die koms van die Messias. Johannes was 'n belofte aan die mense van Israel wat deur God vervul is en sy geboorte was die voortsetting van God se groot verlossingsplan.
Tog, te midde van God se oorkoepelende, uiters belangrike plan om verlossing aan die wêreld te bring, het Hy persoonlike verlossing aan Elisabet gebring. Uit al die vroue in Israel het God haar gekies. Hy het haar pyn, haar smagting en haar gebroke hart gesien. God het Elisabet nie net toegelaat om deel van sy universele verlossingsplan te wees nie, maar Hy het haar ook uit haar situasie verlos.
Die Evangelie van Lukas is 'n verslag oor die lewe van Jesus wat deur 'n vriend aan 'n vriend geskryf is. Lukas beskryf baie duidelik en met oortuiging wie Jesus is: die Seun van God en die Seun van die Mens, ten volle God en ten volle mens. Hy deel hoe Jesus sy krag en outoriteit gewys het en hoe Hy die godsdienstige leiers en hul onderdrukkende sisteme aangespreek het.
In sy groter doel met die skryf van hierdie Evangelie wys Lukas hoe Jesus sy mense persoonlik raaksien, ken en vir hulle omgee. Jesus het dikwels dít waarmee Hy besig was, gestaak om die siekes, die gestremdes en die gemarginaliseerdes te genees, te versorg en te bemoedig. Lukas lig dit uit en ook, meer as enige ander Evangelie-skrywer, wys hy hoe Jesus vir vroue omgegee het.
Ons sal oor en oor die goddelikheid en die menslikheid van Jesus sien, asook hoe Hy God se doel vervul het om ewige verlossing aan sy mense te bring. Ons sal ook sien hoe God ons nooit oorsien nie, selfs nie in ons donkerste en mees desperate oomblikke nie. Hy gaan uit sy pad om te genees, te verlos en te herstel. Kom ons sien met verwagting uit na hoe Jesus sy verlossende en herstellende krag selfs ook in ons eie lewens en omstandighede sal wys, terwyl ons Hom deur hierdie studie al beter leer ken.
Escrituras
Acerca de este Plan

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Planes relacionados

Serán Mis Testigos

Vivir Con Propósito Y Sabiduría Considerando La Eternidad De Dios

Principios Espirituales Para Vivir en Familia

Persevera en La Fe, Insiste en La Oración

Descubriendo Quiénes Somos: La Identidad en Cristo que Todo lo Cambia

En La Intimidad Del Corazón De Jesús

Todo Comienza Pequeño

La Sabiduría De Dios: Locura Que Salva

Fortalece Tu Fe #3 - Dios Salva
