Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasMuestra

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DÍA 2 DE 43

Memoriseervers

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê" (Lukas 2:10-12).

Uitdaging vir die week

Terwyl ons die Evangelie van Lukas bestudeer, sal ons fokus op die Godheid van Christus, die menslikheid van Christus en die manier waarop Jesus spesiale aandag aan die gemarginaliseerdes in die samelewing, insluitende die siekes, gestremdes, uitgeworpenes en vroue, gegee het.Terwyl jy die dagstukkies lees, identifiseer hierdie drie: Godheid, menslikheid en deernis in jou Bybel of joernaal. Merk of onderstreep elkeen met ‘n ander kleur sodat jy kan sien hoe die karakter van Jesus in die Evangelie van Lukas geskilder word.

Acerca de este Plan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More