YouVersion Logo
Search Icon

Plan info

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitSample

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAY 4 OF 5

Houding is ’n keuse Die lewe is onvoorspelbaar en dikwels onregverdig, maar die lewe is daar om geleef te word – ’n oorvloedige lewe, nie ’n ondergeskikte lewe nie (sien Johannes 10:10). Ons sal moet leer om die prosesse in ons lewe te vertrou, want hulle is gewoonlik daar vir ons beswil. Dan moet ons weer die vraag vra: Wat is daar om te leer, en hoe kan ek dit op my lewe toepas? Om kragtig in die hede te leef vereis dat ons risiko’s loop. Doen dus iets anders en uitdagends, selfs al is jy bang. Besluit om ’n kans te waag eerder as om in ’n groef te bly. ’n Groef is baie gevaarliker as wat dit lyk, want hoe langer jy daarin vassit, hoe moeiliker is dit om daaruit te kom. ’n Groef lei tot oorgerustheid. Wanneer jy in ’n groef is, hoef jy nooit enigiets nuuts te kies nie. Later word dit ál makliker om te verduidelik waarom jy nie vordering maak nie, of waarom jy maar omstandighede of iemand anders mag blameer vir jou situasie. Jou ingesteldheid is ’n keuse, nie ’n gevoel nie. ’n Goeie ingesteldheid is noodsaaklik as jy met sukses in die hede wil leef en ’n toekoms vol potensiaal wil skep (sien 1 Tessalonisense 5:24). Onthou, jy het elke dag die geleentheid om nog ’n bladsy in jou outobiografie te skryf. Wat gaan jou storie sê oor hoe jy geleef het? Watter lewensbeginsels laat jy na aan dié wat volg: jou kinders, jou kleinkinders, jou span? Besluit vandag om jou lewe met uitnemendheid te onderteken.
Day 3Day 5

About this Plan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat geda...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy