YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 96

96
1Kom ons sing vir die Here ’n nuwe lied wat spesiaal net vir Hom geskryf is.
Laat almal op hierdie wêreld kom saamsing.
2Laat ons oor ons groot en wonderlike Here sing!
Laat ons nooit ophou om te vertel hoe Hy ons uit ons nood gered het nie.
3Moenie stilbly nie. Vertel vir al die volke op aarde hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen.
4Die Here is baie groot, en daarom moet ons Hom met ons mooiste woorde grootmaak. Hy is groter as enige ander god.
5Wat is die ander gode in vergelyking met Hom? Net mooi niks nie!
Mense het hulle gemaak.
Maar ons Here het die hemel gemaak waar mense dink daardie afgode is.
6As ’n mens by die Here is, word jy oorweldig;
oorweldig deur hoe Hy oor alles heers,
hoe belangrik Hy in vergelyking met enigiemand anders is,
hoe sterk Hy is en hoe mooi alles by Hom is.
7Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is.
8Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker is as enigiemand anders.
Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien.
9Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak.
As Hy in sy grootheid aan jou verskyn, kniel en erken Hom vir wie Hy regtig is.
Elke mens moet besef hoe klein hy is in vergelyking met die grootheid van ons Here.
10Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here heers oor alles. Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê.
Soos ’n regverdige regter in die hof sal Hy besluit wat eendag van elke mens sal word.”
11Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop.
Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskree.
Ook die see met alles daarin mag nie stilbly nie.
12Oor die velde moet die jubeling weergalm en in die bome van die woud weerklink.
13Hierdie uitbundige jubeling is bedoel vir die Here, want Hy kom na ons toe.
Ja, Hy kom om te sê wie sy mense is en wie nie.
Soos ’n regverdige regter sal Hy sy besluit neem; oor elke mens sal Hy met billikheid sy uitspraak maak.

Currently Selected:

Psalms 96: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy