YouVersion Logo
Search Icon

Josua 3

3
Die volk loop droogvoets deur die Jordaan
1Vroeg die volgende môre het Josua en die Israeliete hulle goed opgepak en van Sittim af getrek tot by die Jordaan. Daar het hulle kamp opgeslaan terwyl hulle gewag het om die rivier oor te steek. 2Drie dae later het die beamptes deur die kamp gegaan 3en vir die mense gesê: “Wanneer julle sien dat die Levitiese priesters die verbondsark van die Here julle God dra, moet julle oppak en hulle volg. 4Hulle sal vir julle wys waarheen om te gaan omdat julle nog nie voorheen hierlangs getrek het nie. Maar sorg dat daar ’n behoorlike afstand tussen julle en die verbondsark is, ten minste 900 meter.”
5Toe sê Josua vir die volk: “Bely julle skuld voor die Here en sorg dat julle verhouding met Hom reg is, want môre gaan die Here wonders onder julle doen.” 6Die volgende môre het Josua die priesters beveel om die verbondsark op te tel en die volk die land in te lei.
7Toe sê die Here vir Josua: “Wat Ek vandag gaan doen, sal maak dat al die mense na jou sal opsien as ’n groot leier. Hulle sal weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was. 8Sê vir die priesters wat die verbondsark dra dat hulle by die Jordaan se kant, in die rivier, moet wag as hulle daar aankom.”
9Josua roep toe die Israeliete nader en sê vir hulle: “Kom hoor ’n bietjie wat die Here julle God vir julle te sê het. 10Soos julle die land intrek, sal Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uitdryf om vir julle plek te maak. Dan sal julle weet dat die lewende God saam met julle is. 11Die verbondsark van die Here wat oor die hele aarde heers, wat voor julle uit deur die Jordaanrivier gaan, bewys dit. 12Intussen moet julle solank vir julle twaalf mense as julle verteenwoordigers kies, een uit elke stam. 13Sodra die priesters wat die verbondsark dra hulle voete in die water sit, sal die Jordaan ophou vloei. Dan sal die rivier aan die een kant opdam.”
14Die volk het kamp opgebreek en gereedgemaak om deur die Jordaan te trek, met die priesters wat die verbondsark dra aan die voorpunt. 15Soos gewoonlik in die oestyd was die Jordaan tot oorlopens toe vol. Toe die voete van die priesters wat die ark van die ooreenkoms met die Here gedra het, aan die water raak, 16het die water dadelik opgehou vloei. Dit het aan die bopunt by Adam, die dorp naby Sartan, begin opdam. Aan die onderpunt van die Jordaan het die water bly wegvloei na die Dooie See toe totdat die rivier opgedroog het. Daarna het die volk regoor Jerigo deur die rivier begin trek. 17Intussen het die priesters wat die verbondsark van die Here gedra het in die middel van die droë rivierbedding bly staan terwyl die volk deurgetrek het. Hulle het daar bly staan totdat almal uiteindelik deur die Jordaan gestap het.

Currently Selected:

Josua 3: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy