YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 27

27
Militêre en burgerlike organisasie
1Hier volg ’n lys van die Israelitiese familiehoofde, die hoër en laer offisiere en die koning se amptenare wat in beheer was van die afdelings wat elke maand diens gedoen het. Die afdelings het maandeliks omgeruil en elkeen het uit 24 000 man bestaan.
2Die eerste afdeling, wat verantwoordelik was vir die eerste maand, was onder die bevel van Jasobam, Sabdiël se seun. 3Hy was uit die Peresgroep en in die eerste maand was hy hoof van al die leëroffisiere.
4Dodai uit Agoag was in bevel van die tweede afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se offisier was Miklot.
5Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand. 6Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem.
7Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg. 8Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand. 9Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand. 10Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand. 11Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand. 12Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand. 13Marai, ’n afstammeling van Serag uit Netofa, was in bevel van die tiende afdeling vir die tiende maand. 14Benaja, afkomstig uit Piraton in Efraim, was in bevel van die elfde afdeling vir die elfde maand. 15Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was in bevel van die twaalfde afdeling vir die twaalfde maand. Elkeen van hierdie afdelings was 24 000 man sterk.
Die leiers van die twaalf stamme
16Die volgende is ’n lys van die stamme van Israel en hulle leiers.
Stam Leier
Ruben Eliëser, Sikri se seun
Simeon Sefatja, Maäka se seun
17Levi Gasabja, Kemuel se seun
Aäron (die priesters) Sadok
18Juda Elihu, een van Dawid se broers
Issaskar Omri, Migael se seun
19Sebulon Jismaja, Obadja se seun
Naftali Jerimot, Asriël se seun
20Efraim Hosea, Asasja se seun
Manasse (wes van die Jordaan) . Joël, Pedaja se seun
21Manasse (in Gilead) Jiddo, Sagaria se seun
Benjamin Jaäsiël, Abner se seun
22Dan Asarel, Jerogam se seun.
Dit was die manne in beheer van die Israelitiese stamme.
Die onvoltooide sensus
23Toe Dawid die volkstelling gehou het, het hy nie die Israeliete wat jonger as twintig was, bygetel nie, want die Here het beloof om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak. 24Joab het met die sensus begin, maar dit nie klaargemaak nie, want dit het die Here se woede teen Israel laat uitbars. Daarom is die finale getal nooit in koning Dawid se boeke aangeteken nie.
Ander amptenare in Dawid se koninkryk
25Die toesighouer oor die koning se skatte was Asmawet, Adiël se seun.
Die toesighouer oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings was Jonatan, Ussia se seun. 26Die toesighouer oor die landbouers wat die koning se lande bewerk het, was Esri, Kelub se seun. 27Die toesighouer oor die wingerde was Simi, afkomstig uit Rama. Die toesighouer oor die wynvoorrade in die wingerde was Sabdi, afkomstig uit Sefam. 28Die toesighouer oor die olywe en wildevye in die Laeveld was Baäl-Ganan, afkomstig uit Geder. Die toesighouer oor die olievoorrade was Joas. 29Die toesighouer oor die vee wat in Saron gewei het, was Sitrai afkomstig uit Saron. Die toesighouer oor die vee in die valleie was Safat, Adlai se seun. 30Die toesighouer oor die kamele was die Ismaeliet Obil. Die toesighouer oor die donkies was Jegdeja, afkomstig uit Meronot. 31Die toesighouer oor die kleinvee was die Hagareër Jasis. Hulle was almal toesighouers oor koning Dawid se besittings.
Die koning se persoonlike raadgewers
32Jonatan: Dawid se oom en raadgewer, ’n baie verstandige en geleerde man; Jegiël, Gakmoni se seun: die onderwyser van die koning se kinders; 33Agitofel: die raadgewer van die koning; Gusai die Arkiet: die koning se vriend; 34(Agitofel is later opgevolg deur Jojada, Benaja se seun en deur Abjatar); Joab: die koning se leërhoof.

Currently Selected:

1 Kronieke 27: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy