YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 129

129
Die einde van Israel se vyande.
1 'n BEDEVAARTSLIED.
Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê —
2alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.
3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
4Die Here is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.
5Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
6Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,
7waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
8Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die Here oor julle! Ons seën julle in die Naam van die Here.

Currently Selected:

PSALMS 129: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy