YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 3

3
1MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
2want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
3Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
4dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
5 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
8dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
9Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
10dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
11 My seun, verag die tug van die Here nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
12want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
13Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
14want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
15dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
16In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
18Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
19 Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
20deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
21My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
22dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
24as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
25 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
26want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.
29Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
30 Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
32Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
35Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

Currently Selected:

SPREUKE 3: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy