YouVersion Logo
Search Icon

MIGA 6

6
God twis met Israel oor die boosheid van die volk.
1HOOR tog wat die Here sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!
2Hoor, berge, die twis van die Here! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die Here het 'n twis met sy volk en sal met Israel 'n regsgeding hou.
3My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!
4Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.
5My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die Here.
6 Waarmee sal ek die Here tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
7 Sal die Here 'n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
8Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
9Die stem van die Here roep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoor die roede, en wie dit bestel het.
10Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en 'n skrale efa wat vervloek is?
11Sal Ek rein kan wees by 'n valse weegskaal en by 'n sak vol bedrieglike gewigte?
12Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.
13So slaan Ek jou dan ook met 'n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.
14 Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.
15 Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.
16Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot 'n woesteny sou maak en die inwoners daarvan 'n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.

Currently Selected:

MIGA 6: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy