YouVersion Logo
Search Icon

ESÉGIËL 15

15
Die nuttelose hout.
1EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout — die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
3Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
4Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
5Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
6Daarom, so sê die Here Here: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
7 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die Here is as Ek my aangesig teen hulle rig
8en die land 'n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die Here Here.

Currently Selected:

ESÉGIËL 15: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy