YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 39

39
Die soldate van Babel sal alles kom vat
(Ook 2 Kon 20:12-19)
1Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek was en dat hy weer gesond geword het. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur. 2Hiskia was bly daaroor, en hy het vir die boodskappers van koning Merodak-Baladan alles gewys wat hy in sy stoorkamers gebêre het: die silwer en die goud, die balsem en die skoon olyf-olie, en ook sy hele wapenkamer, ja, alles wat in sy stoorkamers was. Hiskia het vir die boodskappers alles gewys wat in sy paleis en in sy hele land was.
3Die profeet Jesaja het na koning Hiskia toe gekom en hy het vir die koning gevra: “Wat het daardie manne gesê? Van watter land het hulle gekom?”
Hiskia het vir hom gesê: “Hulle het van 'n ver land na my toe gekom, van die land Babel.”
4Jesaja het gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?”
Hiskia het gesê: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Ek het vir hulle alles gewys wat in my stoorkamers is.”
5Jesaja het vir Hiskia gesê: “Jy moet luister na wat die Here sê, die Here wat oor alles regeer: 6Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê. 7En hulle sal party van jou eie seuns vat om in die koning van Babel se paleis te werk.”
8Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.”
Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.”

Currently Selected:

Jesaja 39: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy