YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 9

9
Die Here sal nie jammer wees vir die mense van Israel en Juda nie
1Ek het gehoor die Here praat baie hard. Hy het gesê: “Die straf vir die mense van die stad sal nou begin. Elkeen moet die wapens neem waarmee hy die mense in die stad moet doodmaak.”
2En toe kom daar ses mans van die boonste poort, die poort wat noord is, en in elke man se hand was die wapens waarmee hy die mense moet doodmaak. Saam met hulle was 'n man wat linne-klere aangehad het, en daar was 'n skrywer-sakkie aan sy belt. Die mans het langs die brons-altaar kom staan. 3Die lig om die Koning, die God van Israel, was op die gerub. Dit het toe opgegaan van die gerub, en dit het gestop by die drumpel van die tempel. Die Here het hard gepraat met die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het. 4Die Here het vir hom gesê: “Jy moet deur die stad loop, deur Jerusalem, en jy moet 'n merk maak op die voorkop van elke persoon wat sug en kla oor al die slegte dinge wat in die stad gebeur.”
5Ek het gehoor die Here sê vir die ander mans: “Julle moet agter hom deur die stad loop en julle moet almal doodmaak, elkeen wat julle sien. Julle moet vir niemand jammer wees nie. 6Julle moet almal doodmaak, oumanne en jongmanne, jongmeisies, kinders en vroue, julle moet hulle almal doodmaak. Maar julle moet niks doen aan die mense wat die merk op hulle voorkoppe het nie. Julle moet begin by die tempel.”
Die mans het toe begin by die oumanne voor die tempel.
7Die Here het vir die mans gesê: “Julle moet die tempel ontwy en julle moet die oop stukke grond vol lyke maak. Dan moet julle verder gaan.”
Hulle het verder gegaan en hulle het die mense in die stad doodgemaak. 8Terwyl hulle besig was om die mense dood te maak, het ek alleen agtergebly. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het geskree: “Ag, Here, my Here, wil U al die Israeliete doodmaak wat nog lewe? Wil U hulle straf omdat U nou so kwaad is vir die mense van Jerusalem?”
9Die Here het vir my gesê: “Die mense van Israel en Juda het baie groot sonde gedoen, baie. Hulle het mense vermoor in die hele land en hulle het mense in die stad verkeerd ge-oordeel. Hulle het dit gedoen omdat hulle dink die Here het die stad gelos en hulle dink Hy sien nie wat hulle doen nie. 10Nou sal Ek hulle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir hulle nie. Ek sal hulle straf oor die dinge wat hulle gedoen het.”
11En toe stuur die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het, 'n boodskap. Hy het gesê: “Ek het gedoen wat U vir my gesê het.”

Currently Selected:

Esegiël 9: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy