YouVersion Logo
Search Icon

Efesiërs 5

5
1Ja, julle moet doen soos God doen, want julle is sy kinders, Hy is lief vir julle. 2Julle moet altyd lief wees vir ander mense, soos Christus lief was vir ons. Hy het gesterf sodat ons kan lewe. Hy was 'n offer vir God, 'n offer waarvan God gehou het.
Gelowiges moet lewe soos mense wat in die lig lewe
3Julle moenie onsedelik lewe en ander slegte dinge doen nie. Julle moenie altyd meer en meer goed vir julleself wil hê nie. Julle behoort aan God, en almal moet weet dat julle nooit hierdie dinge doen nie. 4Julle moenie lelike en dom dinge sê en slegte dinge oor ander mense sê nie. Mense wat aan Christus behoort, doen nie dit nie. Wanneer julle praat, dan moet dit net wees om vir God dankie te sê. 5Julle moet dit weet: Mense wat onsedelik lewe of wat so lewe dat hulle onrein is, sal nie die ware lewe kry daar waar Christus en God Koning is nie, ook nie die mense wat altyd meer goed wil hê nie, want dan is hulle goed hulle afgode. 6Daar is mense wat vir julle dinge wil leer wat nie waar is nie, hulle wil hê julle moet verkeerd doen. Julle moenie doen wat hulle sê nie, want mense wat hierdie slegte dinge doen, is nie gehoorsaam aan God nie en daarom sal God hulle straf. 7Daarom moet julle nie saam met hulle slegte dinge doen nie.
8Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe. 9Julle moet die dinge doen wat mense doen wat in die lig lewe, julle moet goeie dinge doen, dinge wat reg is, julle moet eerlik wees. 10Julle moet uitvind waarvan die Here hou en julle moet dit doen. 11Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. 12Hulle doen baie slegte dinge in die geheim, dit is so sleg dat 'n mens nie daaroor wil praat nie. 13Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is. 14Ja, 'n mens kan sien hoe iets is wanneer die lig daarop skyn. Daarom sing ons:
Jy wat slaap,
jy moet wakker word,
jy moet weer begin lewe.
Dan sal Christus
'n lig wees vir jou.
Gelowiges moet reg lewe
15Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie. 16Julle moet elke minuut reg gebruik, elke minuut wat julle lewe, want dit is nou die tyd wanneer mense slegte dinge doen. 17Julle moenie dom dinge doen nie, julle moet seker wees dat julle verstaan wat die Here wil hê julle moet doen. 18Julle moenie wyn drink en dronk word nie, want dan doen julle verkeerde en slegte dinge. Nee, julle moet altyd doen wat die Heilige Gees wil hê julle moet doen.
19Julle moet sing wanneer julle bymekaar is, julle moet psalms en gesange en ander liedere sing. Julle moet sing en julle moet die Here prys met julle hele hart. 20Julle behoort aan ons Here Jesus Christus en julle moet altyd vir God ons Vader dankie sê vir alles.
Hoe mans en vroue moet lewe
21Julle respekteer vir Christus, daarom moet julle mekaar dien.
22Vroue, julle dien die Here, daarom moet julle ook julle mans dien, 23want die man is die hoof van sy vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Die kerk is Christus se liggaam en Hy het die kerk gered. 24Maar die kerk dien vir Christus, en so moet die vroue ook altyd hulle mans dien.
25Mans, julle moet lief wees vir julle vroue, soos Christus lief is vir die kerk. Christus het gesterf sodat die kerk kan lewe. 26Hy het gesterf sodat die kerk, die gelowiges, aan God kan behoort. Nou is hulle rein, want hulle is gedoop en Christus het gesê hulle behoort aan Hom. 27Christus het gesterf sodat die kerk sy bruid kan wees, 'n bruid wat baie mooi is. Christus wou hê die gelowiges moet niks sonde doen nie en hulle moet heeltemal reg lewe. 28Die mans moet so lief wees vir hulle vroue, so lief soos Christus vir die kerk is. Ja, die mans moet lief wees vir hulle vroue, so lief soos hulle vir hulleself is. As mans lief is vir hulle vroue, dan is hulle ook lief vir hulleself. 29Mense is altyd lief vir hulleself en hulle sorg goed vir hulle eie liggame. Christus sorg ook so vir sy liggaam, die kerk, 30en ons behoort almal aan die kerk, sy liggaam.
31In die Ou Testament is geskryf:
Daarom sal 'n man weggaan
van sy pa en sy ma
en hy sal saam
met sy vrou lewe.
Hulle twee sal
soos een mens wees.
32Dit is baie moeilik om te verstaan hoe 'n man en 'n vrou een kan wees. Ek sê dit is net so moeilik om te verstaan hoe Christus en die kerk een is. 33Ek sê weer, elke man moet lief wees vir sy vrou, so lief soos hy vir homself is. En elke vrou moet haar man respekteer.

Currently Selected:

Efesiërs 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy